Baskeland

Ligging van die Baskeland in Europa
Ikurrina, die vlag van die Baske en die Baskeland

Baskeland (Baskies: Euskal Herria; Frans: Pays basque; Spaans: Vasconia of País Vasco) is 'n landskap en kulturele gebied op die grens van Frankryk en Spanje in die westelike Pireneë teen die Golf van Biskaje. Die gebied strek oor 'n aantal administratiewe van die twee lande en kom grootliks ooreen met die tuisland van die Baske en die Baskiese taal. Die Baskeland beslaan 'n oppervlak van 20 947 km² en het 'n bevolking van sowat 3 miljoen in 2015 gehad, waarvan 'n kwart Baskies praat.

Baskeland word verdeel in die Noordelike Baskeland en die Suidelike Baskeland. Die Noordelike Baskeland of "Franse Baskeland" (Baskies: Iparralde, Frans: Pays basque français of Pays basque nord) beslaan die westelike deel van die Franse département Pyrénées-Atlantiques in die région Akwitanië. Die Suidelike Baskeland (Spaans: País Vasco, Baskies: Hegoalde) beslaan die Outonome Gemeenskap van die Baskeland, 'n outonome Spaanse gemeenskap wat uit drie historiese streke bestaan: Álava, Gipuzkoa en Biskaje asook Navarra, 'n outonome streek van Spanje.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne